Kom reis saam met pikkewyne
- Caylin du plooy
- Jul 20, 2022
- 3 min read

Dit is stil vanaand op die strand. Dit is net die geluide van die see en in die verte hoor ek ‘n pikkewyn of twee. En ek, ek is besig om in my gedagtes te verdrink.
Een van Suid-Afrika se hoofstede, Kaapstad, het beeldskone en besonderse besienswaardighede vir besoekers. Een van hierdie wonderlike besienswaardighede is Boulders Beach in Simonstad. Hierdie pragtige strand is net langs Simonstad geleë en het 'n massiewe hoeveelheid granietrotse in die water. Dit is hoe hierdie strand sy naam gekry het.
Boulders Beach hou baie meer interessante dinge in vir besoekers as net die kristalhelder water. Hierdie pragtige strand met sy pikkewyne en watersport is geliefd deur baie mense. Dit is ‘n wonderlike gevoel om ‘n rustige middagstappie te neem op hierdie strand terwyl die pikkewyne vir jou koekeloer deur die bosse. As jy ‘n oggendmens is kan jy die bootjies vang wat al vroegoggend uit gaan in die see in. Die ideale tyd om hierdie strand te besoek is gedurende die maande van Oktober tot Maart. Gedurende hierdie maande is die reënval minder so die strand kan besoek word enige tyd van die jaar tussen die openingstye wat 08:00 - 17:00 is.
Daar is virseker ‘n paar dinge wat jy moet doen as jy Boulders Beach en die omliggende area besoek soos:
Kuier op die strand saam met die pikkewyne - dit is verniet.
Gaan swem in die see - Daar is verskeie rotse op die strand met geheime tonneltjies na klein waterpoelle.
Hou ‘n romantiese ete vir twee terwyl die sonsak en net nie geluide van die see, pikkewyne en seemeeus hoorbaar is.
Gaan besoek die Simonstad dorp museum.
Jy kan Scratch patch and mineral world besoek- Daar sal jy verskeie kleurvolle mineraal klippies kry, wat jy saam met jou huistoe kan neem om jou wonderlike ervaring te onthou.
Stap deur die strate van Simonstad met sy voortreflikke klein winkeltjies.
Vir meer idees en plekke om te besoek in hierdie dorpie, gaan na Tripadvisor se webtuiste: https://www.tripadvisor.com/AttractionsNear-g319718-d629864-Boulders_Beach_Penguin_Colony-Simon_s_Town_Western_Cape.html
Hierdie dorpie is ryk aan geskiedenis. Dit is vernoem na goewerneur Simon van der Stel, dit was 'n Nederlandse vlootankerplek vanaf 1741, en sy hawe het gedien as 'n toevlugsoord vir handelskepe en walvisjagters. In 1814 het dit die hoofkwartier van die Britse Suid-Atlantiese Vlooteskader geword, en in 1957 is die jurisdiksie van die vlootfasiliteite na Suid-Afrika oorgeplaas. Om die kinderbewondering in my net nóg meer aan te wakker, het ons die Vlootmuseum besoek. Dis gratis en heeldag en al dag oop. Die opgewekte vloot-liedjies en die groot klok se tik, tik, tik het my verwonderd gelaat. Die museum het indrukwekkende uitstallings, van die helikopter tot die massiewe kanonne. Die museum sal jonk en oud se asems wegslaan ─ ek snak nou nog!
As jy na ‘n plek soek om te bly vir jou besoek aan hierdie pragtige dorp, stel ek voor jy boek jouself by die Boulders Beach Hotel, Cafe and Curio shop in. Hulle het ‘n heerlike spyskaart waarvan jy kan kies en keur. ‘n Sitkamer waar jy rustig voor die kaggel kan sit en lees. Die klassiek versierde en goed ingerigte kamers is toegerus met 'n klerekas, tee- en koffiemaakgeriewe. Sommige van die kamers het see-uitsigte. Die gesinseenhede het 'n kombuisie. Gaste kan teen 'n toeslag 'n opsionele ontbyt op die buitedek geniet wat oor die see uitkyk.
Op my Kunstoer in 2019 het ons vir twee aande by Boulders Beach Hotel, Cafe and Curio shop oorgebly end it was werklik ‘n belewenis. Ek en my vriende het nog vroeg die een oggend opgestaan om die sonopkoms te kyk, die rustigheid en natuurskoon was wonderlik.
So mede reisigers, waarvoor wag jy? Gaan pak solank jou tas en gaan op reis saam met die pikkewyne van Boulders Beach!




Mag ek n pikkewyn koop?
Baie