Vat die trein na Irene toe
- Caylin du plooy
- Aug 23, 2022
- 2 min read

Ek het kaalvoet gedroom. En jy het die sonsondergang gemis. Nou sit jy dronk en alleen en kyk hoe die maan vir die laaste keer agter die donkerwolke verdwyn.
Reg langs die oulike Post box café is daar nog ‘n unieke plekkie wat jy moet besoek! Dit is die Railways café. Hierdie unieke kunssinnige plekkie is ‘n koffie/brunch hoekie in die dag en ‘n lekker kuier plek in die nag. Dit laat my amper aan die bekende Billy Ray Cyrus T-hemp dink wat sê: “Business in the front and Party in the back!”.
Die atmosfeer by Railways is definintief een om te beleef. Dit vat jou na ‘n ander plek toe, Voel soos iets uit Alice in Wonderland. Die mense was regtig kreatief gewees met oudhede en dinge wat mens nie meer wil gebruik nie. As jy in-stap by die hekkie word jy dadelik verwelkom deur ‘n klomp kleurvolle sambrele wat uit die dak hang. Dit voel of jy in ‘n ander dimensie in-stap. Orals is ou yskaste wat rond staan, dit help met die skep van die atmosfeer en om elke hoek en draaitjie is ‘n bad of twee. Selfs binne die mure ingebou- klink vreemd, maar is deel van die hele idee om “anders” te wees. In die een area is ‘n klomp lappe wat uit die dak uit hang. Laat jou voel of jy in Marokko is. Dan is daar weer ‘n ander area wat ‘n strand effek skep.
Ek en 2 vriendinne het die voorreg gehad om een aand daar deel te neem aan ‘n digkuns-aand. Ons het ‘n paar van ons eie gedigte voorgelees aan ‘n baie ondersteunende gehoor. Dit is iets wat ek vining weer sal doen.
Railways café is nie net enige normale Restaurant nie- hulle het gedurig mense wat hier optree en daar is ook baie maal “live music”. Hier is ook klein winkeltjies waar kunstenaars hul kuns verkoop.
Hulle het die lekkerste kos, wat die sak goed pas. Glo my jy, eet jouself dik teen ‘n bekostigbare prys. Hulle het ook weeklikse specials soos die “every day brekkie special” wat van 10 uur die oggend tot 2 uur die middag bedien word. Dan is daar Donderdae half prys vir ‘n pizza en R100 vir ‘n bottle Good life wyn. Vrydae is dit half prys vir Cocktails en Railways draught van 10 die oggend tot 3 uur die middag. Laaste maar nie die minste nie betaal jy half prys vir ‘n burger vanaf 10 uur die oggend tot 2 uur die middag. Jy wil nie uitmis op hulle heurlike kosse nie. Dit is ‘n moet!
Dan hou hulle ook gereeld “events” wat jy nie wil misloop nie. Hulle het optredes van local kunstenaars tot bekendes soos Jack Parrow. Dan het hulle Teater vertonings vanaf R100 tot R150 vir die vertoning. En ook Open mic aande soos die een waaraan ek en my vriendinne deelgeneem het.
Vir meer inligting besoek hulle webtuiste by: https://www.railwayscafe.co.za/
As jy lus is vir ‘n lekker atmosfeer, hoekom sit jy dan nog by die huis? Klim nou in jou kar en kom beleef die goeie gevoel van Railways café! Dit is defnintief die moeite werd.




Comments