top of page
Search

Terug in tyd


ree

Ek was nog altyd ‘n ou siel gewees. Ou boeke, ou plekke en hul geskiedenis! Die stories en ou liefde. EK is gemaak om te leef vir dit.


Daar was nog altyd net iets van ‘n ou gebou of ‘n geskiedkundige plek wat my hart sommer warm laat klop. Of dit nou die stories agter die eeue oue mure is of al die kronkelpadjies. Is ek lief daarvoor om sulke plekkies te ontdek en verken.


In Irene, Centurion is daar ‘n klein restaurantjie met die naam Post box café. 'n Versteekte ontsnapping van die gesukkel en gejaag reg op jou voorstoep. Hierdie is nie net ‘n normale Koffiewinkel/ restaurant nie, dit het ‘n stukkie geskiedenis.


Hierdie plaaslike sypaadjie-kafee word omring deur Irene se plaaslike posbusse en poskantoor-erfenisterrein wat plaaslike koffie van goeie gehalte en unieke straatstyl-kos gemaak met vars produkte wat in hul tuine gekweek word, bied. Dit was vroeër jare ‘n ou poskantoor langs die ou spoorwegstasie. Nou is dit geskep in ‘n oulike stukkie paradys. Dit voel nogals of jy in ‘n koffiewinkel in Loden sit.


Die atmosfeer is so rustig en stil en dit laat jou voel asof jy net ‘n boek kan uithaal en lees vir ure met ‘n koppie koffie langs jou. Hulle pryse is bekostigbaar en het ‘n lekker spyskaart om van te kies. As dit winter is kan jy binne langs die kaggel sit en net ontspan of as dit somer is kan jy bo op die dek gaan sit en uitkyk oor die historiese gebied van Irene.


Ek stel defnitief die plekkie voor as jy lus is om net bietjie uit die huis te wil kom en wegbreek van jou studies of werk.

 
 
 

Comments


Post: Blog2_Post
  • Facebook
  • Twitter
  • LinkedIn

©2022 by Meisie van die suburbs. Proudly created with Wix.com

bottom of page