top of page
Search

‘n Sprokiesplek vir ‘n ware Godin


ree
Het jy dan vergeet wie jy is? Jy my mens is die sonskyn, die ligdraer, die Godin van liefde!

Aangesien dit vrouemaand is, daag ek jou uit my mede Godin om jouself by die Goddess café te gaan bederf. Jy verdien dit!


Onlangs was ek vir ‘n vriendin se verjaarsdag by die Goddess café in Southdowns, Centurion en dit was regtig ‘n lekker geleentheid. Ons het so baie gelag en net ons gate uit geniet. Daar is ‘n verskeidenheid opsies wat jy van kan kies en keur as dit kom by lekkernye om te eet. En as jy daarvan hou om “authentic” foto’s te neem, is dit die plek om te wees. Laat jou inner Godin uit kom en gaan neem ‘n foto by die pragtige pienk engel vlerke!

Goddess café in Southdowns is darem nie die enigste een nie, daar is een in Waterkloof en een in Linden ook. As jy ‘n student is stel ek voor dat jy maar ‘n geldjie wegbêre vir so “outing” saam met jou vriendinne.


Hulle het ‘n verskeidenheid van spyskaarte wat jy uit kan kies. Daar is die normale spyskaart wat bestaan uit heurlike koeke, warm drink goed, lekker soorte ystee, melskommels en sap. Dan het hulle baie ontbyt opsies waarvan jy kan kies en hulle “all day” kosse. Hulle het ‘n spesiale pizza spyskaart wat die Italiaanse Godin binne jou sal uit bring. As jy lus is vir ‘n spesiale drankie saam met jou vriendinne, kan jy kies en keur. Van wyn tot gin. Cocktails en spritzers asook sjampanje! ‘n Meisie verdien so nou en dan ‘n bederf drankie!


Dan vir die dames wat soos ‘n regte Godin wil voel is daar die opsie om ‘n “High tea” te hou. Jy kies watse soorte tee jy van wil proe en hulle sal dit vir jou in pragtige tee koppies bedien met heurlike vingerhappies. Dit is amper soos ‘n “tea tasting”- ons los die wyn vir later!


As jy jou vierpotige vriend wil saam bring is jy welkom. Daar is tot ‘n spesiale spyskaart vir jou blaffende maatjie. Dit net alles vir onder R60.


My mede Godinne, tel nou jou foon op en gee jou vriendinne ‘n lui! Dit is tyd om bymekaar te kom en net lekker te lag, gesels, opvang en skinder oor ‘n koppie tee en stukkie koek.

 
 
 

Comments


Post: Blog2_Post
  • Facebook
  • Twitter
  • LinkedIn

©2022 by Meisie van die suburbs. Proudly created with Wix.com

bottom of page