‘n Stukkie Kaap in die middel van Pretoria
- Caylin du plooy
- Aug 17, 2022
- 2 min read
Updated: Aug 22, 2022

Ek het my hart verloor in Pretoria. Ek was elke dag opsoek na hom. Tot ek besef het hy is by jou.
Die Kleinkaap Boutique Hotel is geïnspireer deur die skoonheid van die Kaap en straal die skoonheid en elegansie uit wat tipies is in hierdie streek van Suid-Afrika. Hierdie stukkie Kaap in die middel van Pretoria bied verskeie areas om jou perfekte “event” te reël. Hier is vele aktiwiteite wat jy hier kan doen.
‘n Interessante feit oor Kleinkaap is dat ‘n bekende Suid-Afrikaanse sitkom hier verfilm word. Ek is seker alle KykNET-kykers ken die sitkom Hotel. Die storie speel af in die hartjie van Mpumalanga, in die klein dorpie Fransbrug, hier is die Fransen Hotel. Intussen word dit eintlik hier in Clubview, Centurion verfilm - net 4 minute van my kampus af!
Wat die Kleinkaap alles bied:
Hierdie is die ideale venue vir troues, ‘n romantiese wegbreek, die sakereisiger of sakekonferensies. Dit is ook ‘n lekker plek vir studente om na ‘n lang dag se studies en klasdraf net te ontsnap en asem te haal. Donderdae het hulle ‘n heerlike Bier en Burger special, wat die "student budget" pas. Maar ek stel voor om jouself net een keer ‘n maand hier te kom bederf anders gaan die beursie vining-vinnig leeg loop.
Kleinkaap bied verskillende geleenthede en feeste. ‘n Paar opkomende geleenthede wat jy kan bywoon is die “Craft Distillers Festival”, “Worship in the Garden” en Die Waterplek: Afrika Boek Bekendstelling asook vele meer. Hier het al verskeie kunstenaars opgetree soos Riana Nel, Chris Chameleon, Anton Goosen, Valiant Swart en iHope Official (van TikTok).
As jy opsoek is na ‘n plek om ‘n sprokiestroue te hou met ‘n welige omgewing en deure wat na die tuin lei – tot troues van 400 gaste. Oorgenoeg veilige parkeerplek, privaat badkamergeriewe en subtiele dekor sorg vir 'n venue wat in al jou behoeftes voorsien. Die restaurant by Kleinkaap Boutique Hotel gaan daaroor om mense bymekaar te bring en 'n omgewing te skep wat voel soos 'n ontsnapping in die natuur en die siel voed. Die restaurant is daagliks oop, van 06h30 – 22h00. Asook tydens beurtkrag.
As jy ‘n plek soek om funksies en vergaderings te hou is Kleinkaap-konferensiegeriewe uniek, divers en ideaal vir intieme of groot geleenthede en konferensies, toegerus met AV-toerusting en met skuifdeure wat na die tuin oopmaak met 'n buite-patio-area vir drankies en kanapés.
Kleinkaap is prentjiemooi binne en buite en skep die gevoel van die Kaapse Wynlande onder pragtige eikebome. Deel van die genoegdoening wat 'n mens ervaar is die sensoriese belewenis: die geritsel van die blare bo jou kop, die agtergrondmusiek, die water van die fonteintjie ens.
Gaan besoek hulle webtuiste: https://kleinkaap.co.za/
So waarvoor wag julle! As jy moeg raak vir die besige stad en lus is vir ‘n Kaap-ervaring, gaan maak ‘n draai by Kleinkaap. Die Kleinkapenaars laat jou werklik glo dat dit hulle plesier, nee hulle pássie is om jou dag te maak. En daarin slaag hulle loshande: Dit was beslis een van die beste ervarings nog.
Dit is sowaar ‘n stukkie ouwêreldse Kaap in die hartjie van Pretoria.
(Gaan like, share en lewer kommentaar net hier onder!)




Dit is baie mooi hoor