top of page
Search

Van Pierneef tot Du Toit Op reis met kuns

Updated: Jul 20, 2022


ree
Ek sit met 'n kitaar sonder snare, soos 'n lappieskombers vou die donker wolke om Tafelberg se rande en ek dink weer terug aan hoe ek in jou skoonheid verdrink het. Kaapstad, neem my asseblief weer terug na my jonger dae.

Daar is min dinge in die lewe wat ‘n mens gelukkig maak. Maar daar is dinge wat kunsliefhebbers opgewonde maak. Op my Kunstoer saam met Zookini Toere het ons ‘n paar interessante plekke gaan besoek. Een van die eerste plekke wat ons besoek het neem jou terug in tyd. Nes die La Motte museum wat ‘n verskeidenheid van Pierneef se werke uitstal. Met ‘n glasie van La Motte se beste in die hand, kan jy rustig deur die galery stap en die pragtige kunswerke besigtig.


Daarna het ons iets in die buitelug gedoen en Kaapstad se strate beter leer ken deur die Straatkuns- en graffiti-staptoer. Dit is ‘n goeie ervaring om die strate vol te stap en meer te leer oor die Graffiti kunswerke en die kunstenaars daar agter met hul skuilname. Die diepte en fyn skakering van die kunswerke wat binne die Irma Stern-museum uitgestal word skep ‘n boeiende atmosfeer. Om daar in Stern se huis te staan met al haar kunswerke om jou, laat dit voel asof sy saam met jou daar is en deur haar werke met jou praat. Dan is daar ook die aangrypende storie van die deure wat sy van Zanzibar ingevoer het.


Nog ‘n fassinerende klein plekkie om te besoek is “T-Bags Design”. Die verskeie produkte wat daar ontwerp word deur teesakkies is iets wat gesien moet word met die oog van ‘n kunstenaar. T-Bags Design verskaf ook verskeie opsies van geskenke vir die mense wat die liefde vir kuns het.


Laaste op die lys was Tersia du Toit Studio in die Paarl. Haar verhale oor hoe die besigheid onstaan en gegroei het was ‘n ongelooflike inspirasie vir my gewees. Asook die feit dat albei haar seuns in die bekende musiekgroep Spoegwolf is en hoe sy skilderstukke vir die JUNO wynbottels ontwerp. My ervaring met hierdie vakansie met die behulp van Zookini toere was inspirerend en dit het my kennis van die kunswêreld verbreed.


Hierdie toer het vyf dae lank geduur. Vir meer inligting besoek Zookini Toere by: https://www.zookini.co.za/



 
 
 

2 Comments


André Muller
André Muller
Jul 20, 2022

Pragtig. 👌🏻

Like

Martin Vd Linde
Martin Vd Linde
Jul 17, 2022

Jy het virseker skryftalent.

Like
Post: Blog2_Post
  • Facebook
  • Twitter
  • LinkedIn

©2022 by Meisie van die suburbs. Proudly created with Wix.com

bottom of page